Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- The Ten Commandments -- 13 Conclusion: The Law and the Gospel
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Baoule? -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- Farsi? -- Finnish? -- French -- German -- Gujarati -- Hebrew -- Hindi -- Hungarian? -- Indonesian -- Kiswahili -- Malayalam? -- Norwegian -- Polish -- Russian -- Serbian -- Spanish -- Tamil -- Turkish -- Twi -- Ukrainian? -- Urdu? -- Uzbek -- Yiddish -- Yoruba?

Previous Lesson

DIE TIEN GEBOOIE - God se Beskerming Teen Verval
'n Uiteensetting van die Tien Gebooie in Eksodus 20 in die Lig van die Evangelie

13 - GEVOLGTREKKING: DIE WET EN DIE EVANGELIE



‘n Godsdienstige leier het Jesus eenkeer gevra, "Wat is die grootste gebod in die wet?" Jesus het geantwoord uit twee verse, uit Deuteronomium 6:5 en Levitikus 19:18: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en jou naaste liefhê soos jouself."

Met hierdie woorde het Jesus die tien gebooie opgesom. Die eerste gedeelte van die Tien Gebooie beskryf ons verhouding tot God en erken Hom as ons Skepper, Redder en Trooster. Die tweede deel wys op ons verhouding met ons medemens en wys hoe ons behoort te dien.

Jesus was nie verleë in ‘n negatiewe antwoord op die vraag van hierdie vrome man nie. Hy het nie gepraat oor wat ons nie moet doen nie. Hy het hom eerder gelei na ‘n positiewe vervulling van die wet en presies verklaar wat ons almal nodig het om te doen. Beide gebooie kan opgesom word in een motto: wees lief vir God en mense met ‘n rein liefde. Laat ons onsself ondersoek om te sien hoe lief ons vir God is en hoe lief ons ons vriende en selfs ons vyande het. Dan sal ons sien in hoe ‘n mate ons die Tien Gebooie nakom.


13.1 - Het Ons God Lief?

Liefde vir God is die mees omvattende en belangrikste gebod. Geen deel van ons tyd, geld of beplanning sal ons s’n bly as ons God werklik liefhet nie. Ons het gees, siel en liggaam van hom ontvang; ons begeertes, wil en hoop word gevorm en gevul met Sy liefde. Laat die heilige Skepper en Verlosser die fokus van ons lewens wees. Niks is belangrik sonder Hom nie. Hy is ‘n jaloerse God wat onverdeelde en algehele liefde vir Hom verwag. Het ons God lief net soos Hy ons liefhet? Hoeveel het ons Hom werklik lief? Het ons Hom emosioneel lief, in gedagte, terwyl ons volkome oor sy Woord nadink sodat ons Sy wil kan ken en dit kan vervul met Sy hulp? Laat ons hele wese God loof vir Sy genade wat ons ‘n nuwe lewe skenk. Laat ons Hom eer in wat ons doen en wat ons nie doen nie, in dankbaarheid vir die vergifnis van ons baie sonde deur die versoening wat ons in Christus Jesus ontvang het. Laat ons Hom loof vir die vreugde, vrede en vertroostende gees wat Hy in ons harte gestort het. Ons liefde is nie voldoende nie. Ons het God nie altyd lief met ons hele hart en siel nie. Daarom het ons die Here se hulp nodig selfs om Hom lief te hê soos ons hoort. Die apostel Paulus wys ons hoe God ons gebede beantwoord, "die liefde van God [is] in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is" (Romeine 5:5b). Ons hemelse Vader het ons Sy eie liefde gegee sodat ons Hom waarlik kan liefhê. Sy liefde vul ons harte soos die Heilige Gees in ons woon.


13.2 - Het Ons Ons Broer Lief Soos Onsself?

Die Gees van liefde stel ons in staat om die mense om ons deur die oë van God te sien. Laat ons daarom die genade van Jesus aan hulle wys en Sy reddende liefde vir sondaars verduidelik. Ons sal vir hulle bid en hulle dien as ons hulle werklik liefhet. As ons honger word doen ons alles in ons vermoë om kos te kry. As ons bang is probeer ons vlug. As ons moeg is, dan slaap ons. Net so lei die liefde van Christus ons om honger mense te voed, die terneergedruktes te troos en rus te bied vir die vermoeides. Jesus het mense so liefgehad dat Hy Homself aan hulle gelyk gestel het. Hy het een van ons geword. Hy het ons vooraf gewys dat Hy, die Koning van konings, Sy volgelinge op die oordeelsdag, die volgende sal vra: "Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom. Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom? En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen" (Matteus 25:34-40).

Jesus kombineer in Sy persoon die liefde van God en die liefde van die mens. As ons Jesus vra, dan sal Hy ons in Sy liefde bevestig sodat ons God sowel as die behoeftiges kan dien. Ons dien, nie om onsself te red nie, maar omdat ons reeds gered is. Ons liefde is nie gebaseer op selfgeregtigheid deur goeie werke soos die Moslems dink nie, maar op wat die verlossing deur Christus Jesus bewerkstellig het.


13.3 - ‘n Meer Diepgaande Betekenis

Die evangelie van verlossing deur ons Here Jesus Christus lei ons om die diepgaande betekenis van die Mosaïese wet te verstaan. Die Tien Gebooie beskerm ons teen selfvernietiging en hou ons gelukkig. Jesus het vir die ryk man gesê, "Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie." Ongetwyfeld sal die nasie wat in God se gebooie wandel en lewe, elke dag die oorvloedige seën ervaar.

As ons oor die wet nadink, dan sal dit ons trots skud en ons vroomheid bevraagteken. Die wet is nie maar net riglyne nie, maar het ons totale oorgawe aan God en totale skeiding met sonde ten doel. Die Here het dikwels gesê, "Wees heilig soos Ek heilig is." God is nie tevrede met aanmatigende vroomheid of natuurlike godsdienstigheid soos in ander godsdienste voorkom nie. Hy wil ons eerder verander en herstel van rebellie na Sy eie beeld, in woord en daad. Jesus het beveel, "Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is." Hy het spesifiek verwys dat ons ons vyande moet liefhê en genade moet hê vir die armes, net soos ons hemelse Vader teenoor ons doen.


13.4 - Veroorsaak die Wet Ons Vernietiging?

As iemand die vereistes van die heilige God verstaan en probeer om dit getrou te gehoorsaam, dan mag hy angstig vra, “Hoe kan ‘n mens liefhê soos God liefhet? Wie is heilig soos God heilig is?” Die wet openbaar ons geheime; dit plaas die spieël van heiligheid voor ons en openbaar ons sondigheid. Die wet dissiplineer selftevrede sondaars en maak hulle wakker uit hul slaap. Die oordeel van God beteken ewige straf vir almal. As iemand die hele wet nakom, maar in een opsig struikel, dan het hy ‘n misdadiger in alles geword.

As iemand sy lewe ondersoek in die lig van die Tien Gebooie en die klein en groot afgode in sy lewe sien, nadink oor hoe hy die naam van die Here misbruik en die Sabbat ontheilig het, dan sal hy besef dat hy lankal tot die ewige dood veroordeel is deur God. As iemand homself teen die reinheid van Christus meet, dan sal hy verpletter word en dink dat die doel van die wet is om alle mense te vernietig.

Die wet openbaar ons onreinheid om ons tot voortdurende bekering te lei. Die wet breek ons selfgeregtigheid en ons trots. Ons staan egter bewend voor ‘n heilige God en weet dat ons nie geoordeel word op die basis van ons selfgeregtigheid nie, maar omdat Hy vir ons lief is. Ons kan die bedoeling van die wet ervaar slegs omdat ons as Christene nie meer onder die wet is nie, maar ons in die genade van Jesus!

Jesus het na Johannes die Doper gekom en dissipels gemaak van hulle wat hul sonde bely het en in die Jordaanrivier gedoop is. Hy het nie dissipels gekies vanuit diegene wat aangevoer het om die wet te onderhou en hul vroomheid ten toon gestel het nie. Hy het eerder diegene gekies wat hul sonde bely het en probeer het om van die regverdige oordeel van God te vlug, wat hul ou natuur verloën het en dit laat sterf het in die water van die doop. Jesus kon hulle geestelik opbou en hulle onder die veroordeling van die wet uitbring. Nadat hulle werklik bekeer het, het Hy hulle in die berge van Galilea geneem en hulle in gemeenskap met Homself gebring. Die wet se taak was vervul. Die Wetgewer het persoonlik opgedaag en die skuld van sy volgelinge weggeneem. Jesus het die vereistes van die wet nagekom en diegene wat Hom gevolg het, het Hom geloof. God is met ons. Die Perfekte Een kom na die onvolmaaktes. Die Regter het die Redder geword wat neergebuk het om sondaars te red.


13.5 - Die Wet Deur Jesus Vervul

Wat het Jesus met die Wet van Moses gedoen? Hy het dit heeltemal vervul op ‘n manier wat niemand kon nie. Hy het nederig en tevrede gebly. Hy het nie toegelaat dat geld hom beheer nie. Hy het Sy Vader altyd verheerlik. Jesus noem die naam van die Vader meer as 168 keer. In die Evangelies is die Vader die enigste fokus van Sy lewe. Die liefde van die Vader en die liefde van die Seun is in eenheid bevestig toe Jesus gesê het, "Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My." Die Vader se liefde en heiligheid is geïnkarneer in Jesus wat gesê het, "Hy wat My gesien het, het die Vader gesien."

Jesus het Sy moeder liefgehad en gehoorsaam terwyl Hy by haar was soos die Koran in Soera Maryam 19:32 verduidelik.

Jesus het Sy vyande liefgehad en nie van hulle kwaadgepraat nie, maar die waarheid teenoor hulle gepraat. Hy is nie getroud soos Dawid of Mohammed nie. Hy het saam met sondaar en tollenaars geëet en hulle tot bekering gelei. Hy het nie ‘n perd besit nie en moes ‘n vriend vra om Hom ‘n donkie te leen waarop Hy Jerusalem binnegery het. Hy het ‘n sondelose, heilige lewe in woord en daad gelei. Geen leuen, wellus of bymotiewe het ooit die heiligheid en volmaaktheid van Jesus aangetas nie. Hy het sondeloos gebly, sy vyande en alle mense liefgehad sodat Hy aan hulle gelyk geword het. Hy het geweet Hy sou Sy lewe as losprys vir baie gee. Sy verlossende dood vir alle sondaars beteken die finale vervulling van die wet: “Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee" (Johannes 15:13).

Jesus was uit die Heilige Gees van God gebore om die vereistes van die wet namens alle mense te vervul. Hy was gewillig om te sterf as die perfekte Lam van God. Hy neem sonde heeltemal weg; Jesus het die vervulling van die wet geword soos Paulus geskryf het: "Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo" (Romeine 10:4). Die wet veroordeel niemand wat deur Sy oorwinnende dood gered is nie; hulle is vry van die beperkings van die wet. Hulle het saam met Hom gesterf aan die wet. As die Seun iemand vrymaak, dan is hy inderdaad vry en die oordeel van God beval hom nie. Sy volgelinge is reeds geregverdig en sal blaamloos staan by die oordeel op die laaste dag. Deur slegs een offer het Christus Sy geheiligde volgelinge volkome gemaak.

Diegene wat Christus verwerp sal voor Hom staan op die dag van oordeel en aan die berge sê, “Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam" (Openbaring 6:16; Lukas 23:30). Wie die regverdiging deur die Lam van God verwerp, bly onder die wet en sal deur die wet geoordeel word.

Selfs Mohammed kon nie enige versekering gee dat hyself en sy volgelinge die paradys sou binnegaan nie, maar hy het die oordeel van God ervaar toe hy bely het dat elke Moslem die hel sou betree en ‘n sekere tyd in die skroeiende vlamme sal spandeer volgens hul goeie dade (Soera Maryam 19:71). Daar is geen hoop van verlossing vir enige Moslem nie, want hul hoop is op die wet gebou en niemand kan dit volkome nakom nie. Jesus het gesê: "Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom" (Johannes 3:36).

Wat van Christene? Is hulle beter as Moslems en al die ander wat verlore is? Christene het al hul sonde bely en het berou daaroor. Hulle is geestelik gebroke en sal nie vergeet wie en wat hulle was nie. Hulle trots is oorkom deur die bloed van die Seun van God waardeur hulle die ewige lewe van Hom ontvang het.


13.6 - Die Wet van Christus in Ons

Loof die Here! Jesus wat die wet vervul het, het Sy dissipels liefgehad en die Goddelike wet in hul gedagtes geskryf en Sy Heilige Gees in hul harte gesit. In hul regverdigheid leef hulle nie sonder die wet nie en ook nie onder die wet nie. Dit is Jesus wat ‘n nuwe wet in die harte van Sy volgelinge geplaas het soos Hy vir hulle gesê het: "'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê." In hierdie gebod het Jesus die Tien Gebooie opgesom sodat dit verstaan kon word. In Romeine 13:10 skryf Paulus: "Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet."

Die unieke gebod van Jesus was nooit ‘n rede vir die dissipels om te vrees nie, omdat Jesus hulle die geestelike krag gegee het om dit te vervul. Paulus, die geleerde van die Torah, openbaar hierdie waarheid: "Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood." (Romeine 8:2). Die Gees van God produseer Goddelike vrug in die volgelinge van Jesus: liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Die krag van Christus is sigbaar in die kinders van die lig, "in alle goedheid en geregtigheid en waarheid" (Galasiërs 5:22; Efesiërs 5:9). Christene is nie meer onder die wet nie. Hulle is ook nie wettelose mense nie, want die wet van Christus bly in hulle en gee ook die krag om dit te vervul.


13.7 - Hy Beklemtoon die Verkondiging van Christus

Die liefde van Christus lei diegene wat deur genade gered is om nie langer vir hulself te leef nie, maar om die geregtigheid van Christus aan almal te wys. Om mense van Jesus te vertel, saam met lof en diens, is een van die eerste gevolge van die liefde van Jesus in ons. Sy dissipels het na die hele wêreld gegaan om die wet en die Evangelie te verkondig. Die wet is bewys van die mens se sondigheid wat oordeel verdien, terwyl die Evangelie Jesus aan ons voorstel. Die Evangelie verseker ons dat die genade van Jesus ons red van die oordeel van die wet. Jesus het die vereistes van Goddelike geregtigheid in ons plek vervul en Sy eie geregtigheid aan ons geskenk vanuit Sy oneindige liefde. Daarom gaan ons na die verlorenes en hulpeloses, dankbaar om aan hulle ewige hoop te bring. Ons benader Moslems en Jode deur hulle te bemoedig: "Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE-dit is julle beskutting" (Nehemia 8:10). Verstaan en weet dat jou verlossing gereed is vir jou! Ontvang dit net! Jy sal nie langer in wanhoop wees soos diegene wat onder die vloek van die wet leef nie. Die hel het ook geen mag oor die een wat in Christus glo nie. Jesus het elke vloek en aanklag asook die oordeel van God op Homself geneem. "DIE HERE ONS GEREGTIGHEID" (Jeremia 23:6). Kon na Hom! Glo in Hom! Wees verenig met Hom! Hy is die geïnkarneerde wet. Sy bloed reinig ons van al ons sonde. Hy gee ons liefde en krag om God en alle mense getrou lief te hê. "...die liefde [is] die vervulling van die wet" (Romeine 13:10).


13.8 - VRAE

Geagte Leser:
As jy hierdie boek sorgvuldig gelees het, dan kan jy maklik die volgende vrae benatwoord. Ons sal bly wees om jou nog ‘n boek te stuur as prys vir jou volharding. Maak asseblief seker jy stuur ons jou volle name en posadres saam met jou antwoorde.

  1. Skryf die Tien Gebooie neer met Bybelse verwysings.
  2. Hoekom respekteer en gehoorsaam Christene die Tien Gebooie?
  3. Wat is die diepsinnige betekenis van God wat Homself aan die begin openbaar as "Ek is die Here"?
  4. Wat is die verskillende betekenisse van Allah en Elohim?
  5. Wat is die geestelike betekenis van die Israeliete se eksodus uit die huis van slawerny?
  6. "Die Tien Gebooie is botsrelings vir diegene wat vrygemaak is deur genade.” Verduidelik.
  7. Lys sommige van die moderne afgode in jou samelewing.
  8. Wat sê die Ou Testament oor die eenheid van die Drie-Eenheid?
  9. Watter verse in die Koran dui op die Goddelikheid van Christus?
  10. Hoe kan die beeld van Christus in Sy volgelinge gesien word?
  11. Gee voorbeelde van hoe die naam van die Here ydellik gebruik word.
  12. Watter soort gebede is twyfelagtig?
  13. Wat was die straf vir iemand wat sy ouers vervloek het in die middel van die kamp van die kinders van Israel?
  14. Watter seën verkry ons deur die Here se dag te onderhou?
  15. Wat is die regte maniere om die Here se dag te onderhou?
  16. Hoekom het Christene die eerste dag van die week verander na die laaste dag vir aanbidding? Waarom is hierdie verandering geregverdig?
  17. Watter seën is daarin deur ons ouers te eer?
  18. Wat sou jy doen as jou ouers die Evangelie van Jesus sou weerstaan?
  19. Wat was die eerste misdaad wat gepleeg is in die wêreld? Wat het dit veroorsaak?
  20. Wat kan die soldaat se verantwoordelikheid wees in lig van die sesde gebod?
  21. Hoe kan iemand hom of haarself rein hou van die sonde van owerspel?
  22. Wat is die voorregte van die huwelikslewe in lig van die Nuwe Testament?
  23. Hoekom het Dawid gebid, "Skep vir my 'n rein hart, o God"?
  24. Daar is moderne vorms van diefstal. Lys dit.
  25. Wat het die vroeë Christene met hul geld gedoen? Wat het die apostel Paulus gedoen om die nood te help verlig?
  26. Wat is die oplossing wat die apostel Paulus gebied het vir diefstal?
  27. Jakobus het drie konstruktiewe voorbeelde gegee wat ons tot bekering sal lei. Lys dit.
  28. Hoe kan ons die sonde van begeerte na dinge ontvlug?
  29. Hoe kan ons ‘n nuwe hart en gees ontvang?
  30. Wat is die opsomming van die Tien Gebooie?
  31. Hoe kan jy God met jou hele hart liefhê en ander soos jouself?
  32. Hoekom is ons nie langer onder die wet nie, maar in die genade van Jesus?

Stuur jou antwoorde na:

Waters of Life
P.O.Box 600 513
70305 Stuttgart
Germany

Internet: www.waters-of-life.net
Internet: www.waters-of-life.org
e-mail: info@waters-of-life.net

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 21, 2015, at 06:49 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)