Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- The Ten Commandments -- 05 Third Commandment: Do Not Take the Name of God in Vain
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Baoule -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- Farsi -- Finnish? -- French -- German -- Gujarati -- Hebrew -- Hindi -- Hungarian? -- Indonesian -- Kiswahili -- Malayalam? -- Norwegian -- Polish -- Russian -- Serbian -- Spanish -- Tamil -- Turkish -- Twi -- Ukrainian? -- Urdu? -- Uzbek -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

DIE TIEN GEBOOIE - God se Beskerming Teen Verval
'n Uiteensetting van die Tien Gebooie in Eksodus 20 in die Lig van die Evangelie

05 - DERDE GEBOD: MOENIE DIE HERE SE NAAM YDELLIK GEBRUIK NIE



EKSODUS 20:7
"Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie."


05.1 - Die Name van God

Die mens kan nie sonder sy Skepper leef nie. Ons is na die beeld van God geskape, maar het Hom verlaat. Sedertdien het ons die wildernis van hierdie wêreld bewandel opsoek na ons verlore tuiste en verborge oorsprong. Intussen het ons duisende gode met wrede gesigte opgemaak wat ons onuitgesproke vrese en begeertes reflekteer. Ons spandeer ons geld op towerspreuke, waarsêery en sterrevoorspellings wat geen beskerming bied nie. Moslems soen die swart klip eerbiediglik asof dit ‘n gees uit die hemel bewaar. Boeddhiste aanbid die goue beeld van Boeddha wat ongeërg op sy volgelinge glimlag.

Die Here se openbaring van Homself is duidelik: “Ek is Jahweh, die HERE.” Dit moes mense se soeke tot ‘n einde gebring het. Sy verskyning in die brandende bos was histories, want die Here het Homself geopenbaar en Sy naam bekend gemaak. Daar is verskeie openbarings van God regdeur die Ou en die Nuwe Testament. Die Bybel gee 638 name en eienskappe van die Drie-Enige God. Elke eienskap is ‘n naam in die Semitiese tale. God is dus nie net reverdig nie, maar Hy is die Regverdige Een waarin alle regverdigheid gefokus is. Hy is nie net heilig nie, maar die Heilige Een vol van heiligheid. Elk van die name is ‘n deel van Sy heerlikheid. Die naam wat egter meer as enige ander naam voorkom is Jahweh (6,828 keer in die Ou Testament). Hierdie naam beteken die Almagtige Ondersteuner, die Heilige Een, Foutloos, die Here van die geskiedenis, wat nooit in sy getrouheid verander nie.


05.2 - Die Here in die Nuwe Testament

Die Here self het as mens aarde toe gekom in die persoon van Jesus van Nasaret. Engele, die profete en alle gelowiges bely en gaan akkoord dat “Jesus die Here” is. Jesus het Homself egter nie verheerlik nie, maar altyd Sy hemelse Vader geëer. Hy het ons geleer om te bid, "Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word." In hierdie gebed word die naam van die Vader geëer, verheerlik en geheilig voor en bo alle ander name. Die openbaring van God die Vader deur Jesus het ons tot die hoogste vlak van kennis van God gebring.

Die Here Jesus was nederigheid in mensevorm. Hy het die versoening tussen die Heilige Een en alle sondaars bewerkstellig deur Sy dood aan die kruis van skande: "Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader" (Filippense 2:9-11). Die Heilige Gees het sedertdien die oorspronklike naam van Jesus verheerlik en ons verseker van die eenheid van God, die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Die eenheid van liefde is ‘n perfekte beskrywing van die essensie van ons God. Dawid het reeds die openbaring gehoor: "Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete" (Psalm 110:1).


05.3 - Wat Beteken Dit Om Die Naam van God te Ken?

Wanneer iemand by ‘n vreemde stad aankom, is hy bly om die adres te hê van iemand wat hy ken. Hy kan sy vriend bel en vir hulp en leiding vra. Gelukkig is die mens wat die ware naam van God ken en Sy “telefoonnommer” onthou (Psalm 50:15): "Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer." Ons lewende God in die hemel slaap nie en Hy wag ywerig op ons geestelike telefoonoproepe.

Elke ontmoeting met die Heilige God ontbloot ons betrokkenheid in sonde, ons eensaamheid en verlorenheid. Die majesteit van Sy heiligheid openbaar ons oppervlakkige moraliteit en wys ons valse humanisme vir wat dit werklik is. Die goedheid van God moedig ons aan om ons sonde te bely en Sy nederigheid ontbloot ons verderflike trots. Om die naam van God te ken maak dit vir gebroke mense moontlik om persoonlik met God in kontak te kom.

Ons toenemende geloof in God hou ons gewortel in die derde gebod wat sê, “Ek is die Here jou God”, waar die voornaamwoord “jou” aandui dat God identifiseer met Sy skepsels, sondaars wat onbekwaam en swak is. Hy verseker hulle van Sy getrouheid en beskerming. Volgens die Nuwe Testament sluit Hy ons by die familie van God in, waar Jesus die Hoof is en ons deel vorm van Sy geestelike liggaam. God die Vader wil een in gees wees met Sy kinders en deur hulle werk om ‘n bose generasie te red. In sy genade, gee Hy hulle die gesag om in Sy naam te vertrou en op te tree.


05.4 - Om die HERE se Naam Ydellik te Gebruik

Ons leef in ‘n wêreld wat diep beïnvloed is deur God se openbarings in die Bybel. Tog vertrou min mense heelhartig in Hom. As mense nie in die teenwoordigheid van die Here bly nie, dan sal hulle die naam van die Here ydellik gebruik. Sommige mense gebruik dit met ongeërgheid asof hulle met waardelose geld betaal. Selfs weergebore gelowiges is daaraan skuldig dat hulle die Heilige Gees so bedroef. Hulle is onnadenkend in hul gebruik van God se naam. Die derde gebod waarsku en bewaar ons teen die ydellike gebruik van die Here se naam.

Nominale Christene gebruik die naam van God gedurig onnadenkend wanneer hulle sê, “O God! Ag Here!” ensovoorts. Hulle is soos kinders wat met ‘n telefoon speel, ‘n nommer bel, maar nie regtig met die persoon wat aan die anderkant optel wil praat nie. God hoor egter wanneer ons Sy naam aanroep. Waaraan dink jy as jy dit doen? As jy Sy naam onnadenkend gebruik, dan wys jy tog hoe min jy jou lewe voor die Here leef.


05.5 - Moslems se Gebruik van die Naam van Allah

‘n Moslem is veronderstel om die naam van Allah gereeld te gebruik, in die hoop dat hy sodoende geregverdig sal word en as getrou gesien sal word. Hoe meer die naam van Allah uitgespreek word, hoe meer word sonde vergewe. Hierdie idee het aanleiding gegee tot oppervlakkige aanbidding waarin die gebruik van Allah se naam ‘n integrale deel is. Op hierdie punt is dit belangrik om te verstaan dat die Moslem nie ‘n persoonlike verhouding met Allah het nie. Om Allah toe te spreek is eerder soos die woorde van ‘n dienaar wat in verwondering op sy meester reageer, hy weet egter nie of sy meester luister of nie.

Ook die daaglikse gebede is voorskriftelike rituele. Die gemiddelde Moslem moet die Fatiha (Soera al-Fatiha) in die loop van vyf gebedstye sewentien keer opsê, in stilswye of hoorbaar. Amper ‘n duisende miljoen Moslems regoor die wêreld moet die Fatiha in Arabies bid, selfs al verstaan 800 miljoen Moslems nie Arabies nie. Ongelukkig word die Onse Vader ook net so onnadenkend deur sommige mense en in sommige kerke gebruik.


05.6 - Twyfelagtige Gebede en Waardelose Argumente

Nie slegs Moslems herhaal hul rituele onnadenkend nie, maar onnoembare hoeveelheid Christene sê gebede op soos ‘n moeder vir haar kind sing wanneer hy bed toe gaan. Hoe durf ons God aanroep sonder om ‘n antwoord van Hom te verwag of met Hom praat terwyl ons aan ander dinge dink? As ons byvoorbeeld die geleentheid het om die hoof van ‘n land te ontmoet en met hom in privaatheid te praat, sal ons nie ons woorde dan versigtig oorweeg nie? Is God minder belangrik as so ‘n persoon? As ons bid sonder aandag, dan is ons besig om God te versmaad.

Teoloë kom soms baie naby daaraan om die derde gebod te oortree en die Heilige Gees te bedroef wanneer hulle die Bybel bestudeer. Hulle bespreek die eienskappe van God en Sy Wonderbaarlike werke asof hulle ‘n wetenskaplike eksperiment bespreek sonder enige gevoel vir Sy teenwoordigheid. Ons kan nie ‘n objektiewe, neutrale bespreking van God hê nie aangesien God nie ‘n konsep of ding is nie. Hy is ‘n lewende persoon en altyd by en met ons. Hy luister na ons gesprekke en Hy ken ons gedagtes. Enige teologiese studie wat daarom nie in ontsag vir die Here en in eerbied vir Hom plaasvind nie, lei beslis tot ‘n oortreding van die derde gebod.


05.7 - Sondige Gebruik van die Naam van God

Wee aan enigiemand wat die Woord van God doelbewus verdraai of bespotlik maak. Sodoende word die Naam bo alle name misbruik en wys dit geen ontsag of respek vir Hom nie. Ons moet nooit meedoen aan ‘n bespotting van die Woord nie. Ons moet eerder die spotters waarsku en vir God opstaan. Skrywers en filmskrywers weet hoe groot die impak is van godsdienstige woorde en hulle maak daarvan gebruik. Hulle gebruik egter nie woorde soos “sonde”, “hel” of “ondergaan” letterlik nie, maar gee daaraan ‘n sekulêre betekenis. Hul eie woorde sal na hulle terugkom om hulle te veroordeel.

Wanneer mense kwaad word vir ander, dan gebruik hulle dikwels woorde soos God, Allah of Jesus om ander in hul woede te vervloek. Hulle vloek en praat van veroordeling en ander godsdienstige woorde sonder om daaroor te dink. A pastoor het ‘n vloekende bouer een keer gevra of hy altyd so hardop bid. Die man was verward en gesê, “Ek het nie gebid nie,” waarop die pastoor toe sê, “Maar ek jou die naam van God hoor aanroep en Hy sal jou verseker antwoord.” Die bouer het stof tot nadenke gehad.

Mense gebruik vloekwoorde dikwels gans te maklik teen mekaar en selfs teen hul familielede. Daar is ‘n diep wrok agter sulke woorde. Jesus het sulke vervloeking in dieselfde ernstige lig as moord beskou, want dit doen afbreek aan die beeld van God in die mens.


05.8 - God se Waarskuwing: Swaar Straf

Die derde gebod het ‘n ernstige waarskuwing: "die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie." Ten spyte hiervan gebruik sommige mense die naam van God om hul boosheid te verberg en hul ongeregtigheid doelbewus te regverdig. Wee die mens wat die naam van die Here ydellik gebruik om sy leuens en skynheiligheid te versteek. Mense vertrou mekaar nie meer vandag nie, want hulle vertel leuens selfs wanneer hulle in die naam van die Here ‘n eed aflê. Jesus het verbied dat ons in die Here se naam sweer: "Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose" (Matteus 5:37). As ons sweer en lieg, dan lieg ons nie net vir mense nie, maar vir God ook. ‘n Valse eed val onder die derde gebod wat waarsku teen die ydellike gebruik van God se naam. Dit is waarom die Bybel sê, "Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid." Ons moet almal ontsag vir die Here hê anders val ons dalk in sonde.

God verafsku diegene wat na Hom behoort te kom vir leiding in tye van nood, maar in stede eerder na waarsêers gaan wat die naam van die Here ydellik gebruik en aanvoer om die verlede, hede en toekoms bekend te maak (Deuteronomium 18:9). God sê, "En as 'n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek my aangesig teen dié persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit" (Levitikus 20:6). Dit word ook verbied om kontak met die dooies te probeer maak of boodskappe van hulle te ontvang. Sulke sonde skei mense van God en maak mense se harte oop vir die duiwel en sy geeste. In God se oë is sulke ontrouheid soos owerspel. Dis so verkeerd soos ‘n man wat ontrou is aan sy vrou en sy vrou se geld op prostitute verkwis. Dit is nie verbasend dat die Here sulke praktyke as “geestelike prostitusie” beskryf (Levitikus 20:6) en sulke mense as "’n slegte en owerspelige geslag" verklaar nie.

In Afrika en Asië dra mense gelukbringers om hulself teen die bose te beskerm. Hulle betaal baie geld vir hierdie items waarin hulle vertrou. Hulle skryf ook “towerbriewe” om suksesvolle besigheid of liefde tussen paartjies aan te moedig. Nasies wat sulke bygelowe aanhang ken nie regtig die Here nie. In sommige lande word towery, bygelowe en nekromansie selfs in televisieprogramme gewys. Ons, as Christene, beskou sulke programme en leringe as demoniese aanvalle op die naïewe gehoor, waar die hekke van die hel oopgemaak word. Die Here waarsku ons egter duidelik teen sulke gevare wat ons van Hom skei. Slegs Jesus kan sulke mense vrymaak van hul bindinge. Om jou sterreteken te lees of by ander waarsêery betrokke te wees om die geeste uit te lok, is kortpaaie na die hel. Mense wys daarmee dat hulle meer in die magte van duisternis glo as in die voorsienigheid van God hul hemelse Vader.


05.9 - Om God te Laster

Sommige mense gaan te ver in die gebruik van God se naam wanneer hulle God en Christus doelbewus vervloek. Hulle vereenselwig hulle met diegene wat rebelleer teen die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Satan is God se vyand van ouds. Om God te laster is ‘n manier om aan demone toe te gee wat uit die hel vloei soos vullis. As iemand ‘n lang brief moes lees waarin die naam van Christus vervloek word, dan sou hy die reuk van die hel kon waarneem. In Levitikus 24:14-16 lees ons: "Bring die vloeker buitekant die laer uit, en almal wat dit gehoor het, moet hulle hande op sy hoof lê; dan moet die hele vergadering hom stenig. En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sy God vloek, sal hy sy sonde dra. En wie die Naam van die HERE laster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land as hy die NAAM laster, moet hy gedood word."

Ons moet nederig en versigtig wees wanneer ons oor ‘n lasteraar oordeel. Baie demoonbesete mense was so blind dat hulle gedink het dat hulle God dien, maar was inderdaad besig om God en Sy Messias te beveg (Johannes 15:19-21; 16:1-3). Wyse en vrome leiers was van die mense wat Jesus tot die dood veroordeel het omdat Hy, volgens hulle, God sou gelaster het. Ten spyte van hul geestelike leierskap het hulle Jesus nie herken as die enigste Seun van die lewende God nie. In hul ywer vir God, het hulle Sy geseënde Messias belaster. Hulle het in Sy gesig gespoeg en Hom oor die kop geslaan. Die leiers van hierdie antieke volk het hulle Here wat tussen hulle was, nie erken of aanvaar nie. In stede daarvan het hulle Hom verwerp en gekruisig. Ongelukkig ontken die meeste Hom steeds.

Soos hierdie nageslag van Jakob, dink Moslems dat hulle God laster as hulle glo in die Goddelikheid en kruisiging van Christus. Hulle het die Jode se ongeregverdige weersin geërf en beveg die geloof in ‘n Drie-Enige God. Hulle koester ‘n onversetlike haat teen God die Vader, die Seun en die Heilige Gees deur hul haat vir die leer van die Drie-Eenheid. Aan die ander kant verwerp Hindoeïsme die eksklusiewe gesag van Christus deur Hom as een van baie gode te sien.

Sommige teruggevalle Christene neem hul godlastering te ver deur Satan te aanbid. Gedurende hul aanbidding hou hulle wilde partytjies en maak selfs bloedoffers aan Satan. Hulle verwring en boots die Onse Vader na in woord en betekenis in hul aanbidding van Satan. Dit is hoe die mag van die duisternis uitreik na almal wat doelbewus die verlossing van God in Christus verwerp.

Tog is daar ‘n toevlug in Christus wat die hel nie kan deurdring nie. Ons Goeie Herder sê: "My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. Ek en die Vader is een" (Johannes 10:27-30).

Die Jode wou die derde gebod so noukeurig nakom dat hulle bang was om God se magtige naam uit te spreek – per ongeluk of deur nalatigheid. Ons weet almal dat die vier-letter Hebreeuse naam vir God “YHWH” is. Weens die heilige karakter daarvan, het die Jode sedert 300 v.C. probeer om dit nie uit te spreek wanneer die Skrif gelees is nie en dit met "Adonai" vervang. "Jehovah" is ‘n mensgemaakte woord deur die samesmelting van die klinkers van die woord "Adonai" en die konsonante van "YHWH". Dit is so opgemaak sedert omtrent 1520 n.C. Die oorspronklike naam en uitspraak word gewoonlik as "Jahweh" vasgestel.

Dit bring ons by die vraag: Mag ons hoegenaamd die naam van God uitspreek? Wat is die gepaste gebruik van die naam van God?


05.10 - Die Gepaste Gebruik van God se Naam

Nog nooit het die derde gebod ons verbied om die naam van God in die regte gees uit te spreek nie. Hier is die groot belofte: Jy gebruik nie die naam van die Here ydellik as jy dit in geloof, liefde en dankbaarheid doen nie. Die Here sal die getuienis van jou geloof gebruik as ‘n kanaal van vergifnis en hernuwing in die lewe van jou vriende. Sy naam het geen magiese kragte wat ons kan gebruik volgens ons eie wil en begeertes nie. Die lewende Here tree op volgens Sy voorkennis en plan. Die apostel Petrus het vir die lam man gesê, "In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!" Hy het later aan die ouderlinge en leiers verklaar, "laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.“ (Handelinge 3:6,16; 4:10). Ons moet ons kennis verdiep oor die naam en die krag daarvan. Schlatter, ‘n bekende teoloog, het die Griekse teks van die Nuwe Testament uit sy kop geken, maar teen die einde van sy lewe het hy ‘n boek geskryf getiteld, Do We Know Jesus? Ons moenie ligtelik oor Jesus praat nie, maar ons Here beter leer ken. Laat ons biddend dieper groei in kennis van Sy Woord, sodat dit in ons harte gewortel word. Laat ons oor elke woord nadink en dan sal God deur Sy Woord met ons praat.

Dit help ons om beter getuies vir Jesus te wees wanneer ons volledige hoofstukke en verse vanuit beide die Ou en Nuwe Testament memoriseer. Die Woord van God is krag en gee ons die wysheid van die Heilige Gees. Geseënd is die man of vrou wat hul onderbewuste en geheue met die Woord van God vul. Ander gelowiges se getuienis en biografieë van volwasse Christene kan ons inspireer om die naam van God en Sy werke beter te verstaan en dit sal ons geloof versterk. Ons sal gelukkig wees wanneer ons gereeld oor die Woord van God nadink en ons vriende sal gelukkig wees wanneer hulle ons geloof sien.

Wanneer ons die Woord van God hoor, dan is ons nie meer alleen nie, maar ken ons die Here meer en meer. Ons kan direk met Hom praat want ons ken Sy naam. Hy praat met ons deur die Bybel en ons antwoord Hom in ons gebede. Wat ‘n voorreg om met ons Skepper te kan praat oor elke sonde, siekte, probleem en beproewing; Hy luister na ons. Sy raad is beter as dié van ‘n dokter of sielkundige. Hy het ons lief méér as ons aardse vaders. Hy vergewe ons ons sonde heeltemal weens die versoenende dood van Jesus en Hy gee aan ons die krag van ewige lewe deur die Heilige Gees wat in ons woon.


05.11 - Loof God met Ons Hele Hart en Verstand!

Bring ons regtig lof en dank aan God met ‘n opregte hart? Laat ons onthou dat die Almagtige God ons Vader is, Sy enigste Seun is ons Verlosser en die Heilige Gees is ons ewigdurende Trooster en ons krag – laat ons daarom dankbaar bly. In stede daarvan om God in vrees en bewing te aanbid, behoort ons Hom as Sy kinders te aanbid wat ons verbly in Sy werk, ons hoop en ons redding; ons is nie langer dood in sonde nie, maar vir altyd lewend in Christus. Daarom, as jy nie saam met die koor kan sing nie, dan kan jy alleen sing; en as jy nie met jou lippe kan sing nie, dan kan jy in jou hart sing. As enigiemand die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees met vertroue gebruik, dan loof hulle die Almagtige God.

As enigiemand God nie ken nie, of as hul harte verhard of hul gewetens skuldig is aan geheime sonde, dan moet hulle die apostel Petrus se raad volg: "En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word" (Handelinge 2:21). Ons het die voorreg om direk met God, ons Vader, te praat in die naam van Jesus. Hy sal ons antwoord. Ons kom nader aan God, want Hy het nader aan ons gekom. Die naam van God, “ons Vader”, verseker ons dat al die hemelse seën vir ons voorberei is. Die naam van Jesus skud die fondasies van die hel omdat Hy die sonde, die dood en die duiwel oorwin het. Die Heilige Gees verheerlik die Seun van God, want in Sy naam gee Hy ons die ewige lewe en die krag van God. Ons kry ook sekuriteit, reinheid, vreugde en vrede van Hom. Soos die son se strale daagliks op die aarde val, so val genade op genade op ons deur die name van die Drie-Enige God. Wie sal nie die Vader dank of die Seun prys nie, of wie sal nie deur die krag van die Heilige Gees bid nie. Om jouself oop te maak vir die vertroostende Gees van die Here, is om te leer hoe God werklik ons gebede beantwoord. Bring jou lof in die naam van Jesus, dit word deur jou Vader aanvaar. Dank Hom en loof Hom want Hy is lief vir jou; Hy het jou gered en jou die ewige lewe gegee.


05.12 - Die Getuienis van Geloof teenoor Ander

Wie kan stilbly wanneer sy hart van dankbaarheid en lof oorloop? Wie kan die ervaring van verlossing vir homself hou wanneer hy weet dat God die redding van alle mense begeer? Om na verlore mense uit te reik is nie ons keuse nie, want die Here Jesus self beveel ons om die Goeie Nuus aan ander te gaan vertel. Die oorwinning van Jesus Christus en Sy grootheid moet verkondig word. Die apostel Petrus maan ons: "wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is" (1 Petrus 3:15). Ook Jesus verklaar: "Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is. Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is" (Matteus 10:32-33).

Toe die apostel Paulus moeg was van al die aanvalle deur God se vyande het die Here in die nag aan hom verskyn en hom vertroos: "Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie; want Ek is met jou, en niemand sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan te doen nie, want Ek het baie mense in hierdie stad" (Handelinge 18:9-10). Hy het hom verseker: "terwyl Ek jou verlos uit die volk en die heidene na wie Ek jou nou stuur, om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en 'n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang" (Handelinge 26:17-18).

Op daardie aand van Sy opstanding het Jesus Sy Goddelike gesag aan die verskrikte dissipels wat hul deure gesluit het oorgedra: " Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees. As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou" (Johannes 20:21-23). As jy hierdie verse memoriseer en daaroor nadink, dan sal jy krag en leiding ontvang vir die beste en mees effektiewe manier van evangelisasie onder vyandige ongelowiges en verlore mense.


05.13 - Diens in die Naam van die Here

Wanneer die Here deur Sy Woord tot ons praat en ons met gebed en lof reageer, dan sal ons die gesag van Sy naam ervaar. So ook as ons Sy heilige naam voor vriend en vyand bely. In die naam van die Here het die apostels die siekes gesond gemaak, duiwels uitgedryf, dooies laat opstaan – selfs Jesus het die storm stilgemaak deur Sy woord. Hy het die vyf brode vir duisende mense vermeerder. Hy het die sonde van berouvolle mense vergewe en hulle met die ewige lewe geseën. Jesus het verklaar: "My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook" (Johannes 5:17). Ons spreek nie net in Sy naam nie, maar Hy werk ook deur ons swakheid. Wanneer die Vader, die Seun en die Heilige Gees in gelowiges se harte woon, dan doen God wonderwerke deur hul lewens. Dit maak nie saak hoe klein Sy kinders is nie, want dit is die Vader self wat die werk verrig.

Alle ware en effektiewe getuienis is te vinde in gelowiges se lewens: ons seën God en is gelykertyd ongehoorsaam aan Hom. Die Heilige Gees moedig ons aan tot heilige optrede en heilig ons omdat Hy self heilig is. Jesus het ons geleer in die eerste woorde van die Ons Vader om die naam van die Here te heilig deur ons belydenis en optrede. Ons gebede en ons getuienis sou ‘n leuen wees as ons lewens die krag van God ontken en dit nie ware nederigheid wys nie.

Ons doen sonde teen ons wil, maar ons bly gebroke in die teenwoordigheid van die Heilige Een. Ons sonde is nie maar onbelangrik in die oë van God nie en ons moet altyd onthou dat ons Hom bedroef deur ons oortredinge. Die Heilige Gees woon egter in elke berouvolle persoon en bied hom troos en verseker hom dat die bloed van Jesus hom van alle sonde reinig (1 Johannes 1:19). Die woord van die Vader moedig ons aan om geloof te hê en in die naam van die Drie-Enige God te leef. Ons ervaar ons heiligmaking deur Sy verdraagsame en wonderlike liefde.

Ken en verstaan jy regtig die naam van God? Is Sy heilige naam op jou lippe? Woon die Gees van die Here in jou hart? Slegs dan kan jy die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees reg gebruik, met respek en in liefde. Mag die Here jou daarvan bewaar om Sy naam ydellik te gebruik; mag Hy jou lei om Hom altyd in blydskap te loof.

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 11, 2014, at 09:53 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)