Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 078 (Paul’s List of the Names of the Saints in the Church of Rome)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek? -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish? -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
BYLAAG TOT DEEL 3 - SPESIALE VERSLAE OOR PAULUS SE KARAKTER AAN DIE LEIERS VAN DIE KERK IN ROME (Romeine 15:14 – 16:27)

4. Paulus se lys van name van die heiliges wat aan hom bekend was in die kerk van Rome (Romeine 16:1-9)


ROMEINE 16:1-9
1 Ek beveel by julle aan ons suster Fébé, wat 'n dienares is van die gemeente in Kenchréë, 2 dat julle haar ontvang in die Here, soos dit die heiliges betaam, en haar bystaan in elke saak waarin sy julle nodig mag hê. Want sy was vir baie 'n beskermster en ook vir my. 3 Groet Priscílla en Aquila, my medewerkers in Christus Jesus, 4 wat vir my hulle lewe gewaag het; nie ek alleen dank hulle nie, maar ook al die gemeentes van die heidene. 5 Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet Epénetus, my geliefde, wat die eersteling van Acháje is vir Christus. 6 Groet Maria wat baie vir ons gearbei het. 7 Groet Andronícus en Júnias, my stamgenote en my medegevangenes, wat in aansien is onder die apostels en reeds voor my in Christus gewees het. 8 Groet Amplias, my geliefde in die Here. 9 Groet Urbánus, ons medewerker in Christus, en Stáchis, my geliefde.

In sy brief het Paulus die volgende onderwerpe verduidelik:

Eerste: Die fundamentele beginsel van geloof in Christus.
Tweede: Die keuse deur God.
Derde: Die gedrag van die gelowiges.

Aan die einde van sy brief praat Paulus nie net van die beginsel nie, maar stel ook die persone bekend wat was in die kerk. Hy demonstreer dat hulle die praktiese bewys is van die waarheid van sy lering. Hy het hulle beskou as diegene wat sy boodskap beliggaam het, wat gereed was vir sy lering en vir sy koms. Die apostel van die Heidene was nie ‘n vreemdeling in Rome nie, maar hy het ‘n keuse van die heiliges bekend gemaak wat aan die ander gelowiges bekend was. Hulle was almal in Christus gevestig en lewende stene in die tempel van die Heilige Gees, in die hoofstad van die Romeinse staat soos dit toe was.

Die vreemde ding is dat Paulus sy lys van heiliges begin met ‘n vrou genaamd Fébé wat hy beskryf as “ons suster” en “dienares van die gemeente”. Fébé was ‘n deugsame Christen wat haarself aan die diens van die kerk gewy het, die armes en siekes asook die reisigers. Sy was ‘n dienaar deur die amp van die kerk in Kenchréë, die Oostelike hawe van Korinte in Griekeland. Sy was skynbaar ‘n kundige in regssake en in die beslissing van doena-sake asook in die belange van kliente en persone sonder burgerlike regte. Sy het Paulus en sy metgeselle gehelp in hul reise en was waarskynlik gereed om hom in Rome ook te help as hy probleme sou hê met sy aankoms. Paulus het die Romeinse Christene gevra om haar by te staan in enige saak waarin sy hulp sou nodig hê en hulle gevra om haar in hul kerke te verwelkom op ‘n manier wat die heiliges waardig is. Dit word algemeen aanvaar dat Fébé hierdie brief van Paulus na die kerk in Rome gebring het. Fébé het karakter gehad en was een van die bekende Christene in die Midde-Ooste van daardie tyd.

Volgende in die lys van heiliges in Rome noem Paulus vir Priscílla en haar man, Aquila. Hulle het Paulus ingeneem en hom werk aangebied vir sy lewensonderhoud in Efese (Handelinge 18:2-26) waar hy die evangelie meer akkuraat aan Apelles, die welsprekende prediker, verduidelik het. Dit moet genoem word dat Paulus die naam van die vrou noem vóór die naam van haar man, hoewel altwee hulself aan gevaar blootgestel het om Paulus veilig te kry. Al die gelowiges in Klein-Asië het hierdie paartjie gedank vir hul selfopoffering en goedige diens. Hulle het skynbaar toe na Rome gereis waar hulle die kerk ontvang het wat gewoond was om vir aanbidding bymekaar te kom in hul gasvrye huis. Paulus het ook sy groete aan die kerk in hul huis gestuur en hulle almal as getuies van sy lering oor die genade van God beskou.

Epénetus word gegroet as Paulus se geliefde. Hy was een van die eerstes in Asië wat na die geloof in Christus bekeer het. Die gelowiges het hom as ‘n skakel beskou tussen hulle en Christus. Hy het toe na Rome gereis om daar in die voetspore van Jesus te volg.

Na Epénetus noem Paulus vir Maria wat haarself in die kerk van Rome met getrouheid en volharding beywer het en waarskynlik vir Paulus en sy medewerkers in Griekeland en Anatolië gehelp het. Paulus het getuig van haar suiwer en aanhoudende diens aan die volgelinge van Christus.

Daarna noem Paulus vir Andronícus en Júnias wat gelowiges van Joodse oorsprong was, van die stam van Benjamin soos Paulus, wat in Rome gewoon het en wat getuies was van die waarheid dat Paulus een van die kinders van Jakob was. Hulle was Paulus se medegevangenes en sy vennote in die lyding vir Christus. Hulle was bekeerlinge voor Paulus en was vernaam onder die vroeë Christene in die kerk van Jerusalem en geëer met die vriendskap van die ander apostels.

Paulus noem ook drie vreemde name in die lys van heiliges: Amplias, Urbánus en Stáchis. Amplias en Stáchis was steeds slawe en Paulus beskryf die eerste as sy geliefde in die Here, en dui daarmee aan dat hy wat verag en gefolter is, baie geëerd was wanneer hy in die geestelike liggaam van Christus ingeënt was. Die ander persoon wat Paulus beskryf as sy geliefde was ‘n aangeprysde dienaar in die kerk. Urbanus was a gerespekteerde man van Romeinse oorsprong wat vir so lank saam met Paulus gewerk het dat Paulus hom as ‘n vennoot in die bediening beskou het asook sy helper in Christus. Urbanus was bekend in al die kerke van Rome.

Dit is belangrik om te besef dat die kerk in Rome van die begin af vry mense en slawe ingesluit het wat almal saam die geestelike eenheid in Christus gevorm het. Ons besef daardeur dat die Heilige Gees geen belangrikheid toedig aan rasse of sosiale verskille nie. Hy onderskei nie tussen man en vrou, ‘n vry mens en slaaf, ‘n ryk man en arm man, of tussen Jood en Heiden nie, want hulle is almal gelyk in die geestelike eenheid in Christus.

GEBED: Ons Vader in die hemel, ons loof u want u het kerke in Rome gevestig onder leiding van die Heilige Gees en in Jesus Christus. Ons juig want hierdie kerke van u Seun het vry mense en slawe ingesluit, mans en vroue, ryk en arm, Jode en Heidene, en hulle het almal ‘n geseënde eenheid geword.

VRAAG:

  1. Wat kan ons leer van die name van die kerklidmate in Rome?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 01:14 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)