Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 073 (How those who are Strong in Faith ought to Behave)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek? -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish? -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 3 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VERSKYN IN DIE LEWENS VAN DIE VOLGELINGE VAN CHRISTUS (Romeine 12:1 - 15:13)

10. Hoe diegene wat sterk is in die geloof teenoor onverwagte probleme behoort op te tree (Romeine 15:1-5)


ROMEINE 15:1-5
En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie. 2 Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting. 3 Want ook Christus het Homself nie behaag nie, maar soos geskrywe is: Die smaadhede van die wat U smaad, het op My geval. 4 Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê. 5 En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus,

Paulus het die gebruike rondom kos en drank geken. Hy het homself as een van dié gereken wat sterk en vry was van die wet. Hy het egter gou sy eie vryheid ingeperk en gesê dat diegene wat sterk en volwasse is, die swakheid van nuwe gelowiges moet dra, solank hulle in Christus glo. Ons moenie leef soos ons wil nie, maar moet leef om bekeerlinge te help wat nie seker is van dinge nie. Om so te doen vir hulle voordeel en opbou, want die opbou van ander is belangriker as die strewe na ons eie plesier en wense.

Hierdie beginsel breek deur die eng gees van selfsug in die kerk na alle kante. Ons beplan nie ons lewens, ons werk en ons geleenthede volgens ons drome nie, maar dien Jesus en diegene wat swak is in geloof, want die fokus van ons denke is nie “ek” (die ego) nie, maar Jesus en sy kerk. Jesus het nie vir homself geleef nie, maar sy heerlikheid opgegee en ‘n mens geword. Hy het beskuldigings, bespotting en lyding verduur om die wêreld te red, en het uiteindelik vir almal gesterf, verag asof hy ‘n misdadiger was, om self die misdadigers te red en hulle op te bou.

Jesus het volgens die Bybel geleef, ‘n lewe van nederigheid, sagmoedigheid en besonderse geduld. Hy het uit die boeke van die Ou Testament leiding en krag in sy bediening ontvang. Hy wat begeer om in die kerk te dien of onder diegene wat Christus verwerp, moet diep gewortel wees in die woord van God, anders sal hy die krag en vreugde van sy diens verloor.

Paulus het sy lang navorsing oor hierdie onderwerpe opgesom as indikasie dat God die God van geduld en vertroosting is (Romeine 15:5). Die Skepper self het baie geduld nodig om selfsugtige en hardkoppige mense soos ons te verdra. Hy vind troos in sy seun, Jesus, in wie hy plesier vind. Sodoende het Paulus die gebede in Rome na die gees van geduld en troos gelei, sodat hy die kerk die eenheid kon gee wat nie van gelowiges kom nie, maar van Christus alleen. Slegs in hom word die gedagtes van die kerk verenig. Daar is geen sukses of eenheid in die kerk behalwe dit wat direk van Christus kom nie. Dan neem almal deel in lof en leer met sekerheid dat die Almagtige, Regter en Skepper van die heelal, die Vader van ons Here Jesus Christus is.

Dit was Jesus alleen wat ons met die Heilige Een versoen het deur sy lyding en dood. Hy het ons deur sy opstanding uit die dood en sy hemelvaart, aangeneem en ‘n geestelike geboorte gegee sodat ons kon juig en die Vader van Jesus Christus as ons genadige Vader mag loof. Hy en sy Seun is ‘n volmaakte, geestelike eenheid en daarom behoort die lidmate van die kerk hulleself aan Jesus in ‘n onskeibare eenheid te verbind.

GEBED: O hemelse Vader, ons verheerlik u want ons Here Jesus het u Vaderskap aan ons geopenbaar, ons met u versoen en u Heilige Gees aan ons verbind in die eenheid van u liefde. Laat hierdie liefde ‘n perfekte eenheid in ons kerke vervul ten spyte van verskillende opinies onder gelowiges.

VRAAG:

  1. Wat beteken Romeine 15:5-6?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 01:03 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)