Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 071 (Problems of the Church of Rome)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek? -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish? -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 3 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VERSKYN IN DIE LEWENS VAN DIE VOLGELINGE VAN CHRISTUS (Romeine 12:1 - 15:13)

8. Die spesifieke probleme van die kerk in Rome (Romeine 14:1-12)


ROMEINE 14:1-12
1 En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie. 2 Die een glo dat 'n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente. 3 Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem. 4 Wie is jy wat die huiskneg van 'n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou. 5 Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. 6 Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God. 7 Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie. 8 Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. 9 Want hiervoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as lewende te heers. 10 Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word. 11 Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely. 12 So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.

Die volgelinge van Christus het verskillende opinies oor wat verbied word en wat toegelaat word, want Jesus het nie ‘n wet gemaak daaroor nie, maar ons ‘n volkome verlossing gebied, versekerde regverdiging en die krag van die Heilige Gees. Hy het die tafels van die wette slegs nodig gehad vir die onderhouding van die bepaling van liefde vir almal.

Dit is waarom ons verskillende opinies vind tussen een kerk en ‘n ander. Vir sommige is die eet van varkvleis ‘n sonde. Maar Jesus sê: “Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein… Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal. Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak”. Natuurlik mag die eet van varkvleis ‘n mens skade doen of gesondheid aantas, maar dit besoedel nie geestelik nie.

Sommige Christene rook ‘n waterpyp of sigarette, terwyl ander rook as ‘n dodelike sonde beskou. Natuurlik doen rook die roker en almal rondom hom skade, maar die rook wat die roker inasem, is nie ‘n onrein gees nie, maar ‘n skadelike gif wat vermy moet word weens gesondheidsredes. Daarom is rook nie in opsigself sonde nie, maar hy wat rook is sondig soos alle ander.

Sommige verbied alkohol en dwelms, en hulle is reg, want hy wat betrokke is by alkohol en dwelms, word ‘n slaaf daarvan. Ons stel daarom voor dat almal hulle weerhou van alkohol en dwelms. Om ‘n klein hoeveelheid drank te gebruik as medisyne is goed. Tog is vars, skoon water die beste en gesondste wat iemand kan drink en is direk deur God gegee.

Die uitstaande vraag in die kerk in die tyd van die apostel Paulus was: “Is dit sonde om vleis te eet wat aan afgode geoffer is?” Sommige het hierdie vleis geëet en ‘n besondere smaak daarvoor gehad, terwyl ander daarna met afsku gekyk het. Paulus het bevestig dat beide partye reg was, want die vleis wat aan afgode geoffer was, is nie gees nie maar vlees. Hy het dit gesê omdat sommige gedink het dat hierdie vleis onder die invloed van onrein geeste was. Jesus het egter alles in sy verlossing ingesluit. Niemand is meer onder die wet nie, maar is vry van sekondêre en dom dinge.

Soos wat sommige gelowiges die Sabbat onderhou het, ander die Vrydag en ander die Sondag, het Paulus vir hulle gesê: Julle is almal reg, want Jesus het nie dae geheilig nie, maar mense. Daarom mag julle tot God bid en hom aanbid enige tyd en enige dag, want gebed is nie beperk tot ‘n sekere dag of uur nie, maar is doenlik en gerieflik elke dag en ten alle tye.

Dit is belangrik vir die kerk dat lidmate mekaar nie verag of mekaar oppervlakkig beoordeel, veral in sekondêre sake nie. Jesus het gesê: “Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie”. Daarom moet hy wat sterk is in geloof, nie diegene verag wat swak in kennis is nie. Hy moet hom nie in die verleentheid bring oor sy optrede nie, maar homself in liefde weerhou van sulke praktyke. Hy moet die swakkes help en bemoedig. Op dieselfde manier moet die swakkes nie die sterkes in geloof verag nie, nie van hulle kwaadpraat nie, maar hulle liefhê, want Jesus het almal lief.

Paulus bevestig aan almal, “ons behoort nie langer aan onsself nie, maar ons het onsself heeltemal aan die Here Jesus toegewy, vir ewig. As ons lewe, dan leef ons vir die Here; en as ons sterf, dan sterf ons vir die Here. Daarom, of ons lewe en of ons sterwe, of ons eet of drink, ons behoort aan die Here wat sy nuwe lewe in ons laat woon het”.

Soos die gees van veroordeling vinnig in die kerk versprei, het Paulus die wat swak en sterk is gewaarsku en gesê: Wees gewaarsku, want julle sal almal voor die ewige Regter staan. Moenie ander veroordeel nie, maar oordeel julleself. Bely julle sonde en oorkom dit in die naam van Christus. As jy dink dat jy ander moet bevry van hul sondes, praat geduldig, met liefde gebaseer op gebed en wees versigtig dat jy jouself nie meer geregtig beskou as ander nie. Wees versigtig om nie ander gelowiges tot struikeling deur hul geloof te bring nie.

GEBED: O hemelse Vader, wanneer ons onsself aan u heiligheid en die grootheid van u liefde meet, dan is niks in ons eervol, geregtig of respekvol nie. Vergewe ons ons gebreke en help ons om ander nie te veroordeel nie. Versterk ons liefde sodat ons almal mag liefhê en onsself as die minste sal beskou.

VRAAG:

  1. Wat behoort ons te sê as ‘n volgeling van Christus ‘n ander opinie het as ons oor sekondêre onderwerpe van die lewe?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 01:01 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)