Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 069 (Summary of the Commandments Concerning Men)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek? -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish? -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 3 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VERSKYN IN DIE LEWENS VAN DIE VOLGELINGE VAN CHRISTUS (Romeine 12:1 - 15:13)

6. ‘n Opsomming van die gebooie rakende mense (Romeine 13:7-10)


ROMEINE 13:7-10
7 Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom. 8 Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul. 9 Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. 10 Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.

Die regering en die finansiering van die Romeinse staat was nie ‘n saak van belangrikheid vir die gelowiges in die tyd van Paulus nie, want die Christene was in die minderheid en het geen invloed op wetgewing gehad nie. Die apostel het daarom beveel dat Christene hul verpligtinge nakom en belasting betaal sonder misleiding, om die wette te gehoorsaam en om die regering te respekteer. Hulle plig was om vir die owerhede te bid sodat die regeringsamptenare reverdig en wys sal optree. Sake het egter anders gedraai as wat normaal was in die Romeinse staat. Hulle het Christus teengestaan en bevele gegee om alle Christene dood te maak wat nie vir Caesar aanbid het nie. Hulle is vir die wilde diere gegooi om in die publiek in Colosseums doodgemaak te word.

Paulus self was ‘n Romeinse burger. Hy het homself verantwoordelik geag teenoor hierdie magtige staat en wou die woorde van Christus toepas: “Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.” Met betrekking tot die kerk het hy geweet dat die wet van Christus oor alle aardse instansies geheers het, want Jesus het gesê: “'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het” (Johannes 13:34-35).

Elke Christen wat liefhet soos Jesus sy dissipels liefgehad het en hulle gedien het, het die gebod van Jesus vervul. Hierdie Goddelike liefde is die bepaling van die kerk en die Heilige Gees is die nodige krag en essensie vir die voltooiing daarvan. Terselfdertyd het Christus nie die gebod van Moses verwerp nie: “jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Levitikus 19:18).

Paulus het hierdie gebod verduidelik deur die tweede deel van die Tien Gebooie deur te sê: Moenie haat of enigiemand doodmaak nie. Moenie egbreuk pleeg nie. Moenie onrein lewe nie. Moenie steel nie, maar werk hard. Moenie jaloers wees op ander weens hul rykdom nie, maar wees tevrede met die gawes van God wat jy het. Die nakom van hierdie bepalings is die voltooiing van die gebod om jou naaste lief te hê.

Die apostel het nie emosioneel of welsprekend gepraat nie, maar hy het beklemtoon dat die wegbly van egbreuk die eerste en belangrikste stap is om ware liefde te praktiseer. Hy het geëis dat die Goddelike liefde, agape, die seksuele liefde, eros, moet oorkom.

Ware liefde is nie op selfsug gebaseer nie, maar op versorging van die behoeftiges en om hulle eerste te dien. Soos wat ons in die hartseer, probleme en lyding van ander deel, moet ons nie vir ander hartseer, probleme en lyding veroorsaak nie, maar hulle eerder help in hulle swaarkry, vertroos in hul hartseer en ondersteun in hul nood.

Die vraag, “Wie is jou naaste?” was reeds geantwoord deur Christus. Dit verwys nie na bloedverwantskap nie, maar na almal naby aan jou wat jy ontmoet en wat van jou ‘n goeie woord verwag. Dit sluit ook die kommunikasie van die boodskap van die evangelie na ander in, want “die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.” Handelinge 4:12).

GEBED: O Here Jesus Christus, ons aanbid u want u het u kerk ‘n nuwe gebod gegee en u het haar die krag van die Heilige Gees gegee om dit te vervul. Vergewe ons as ons haastig opgetree het met verharde harte. Help ons om ons vriende vir wie ons bid, te verstaan, om hulle te seën met ‘n werk om in hul lewensonderhoud te voorsien en leer ons om almal te dien waar ons ookal is.

VRAAG:

  1. Hoe het Paulus hierdie gebod prakties verduidelik: “Wees lief vir jou naaste soos jouself”?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 12:58 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)