Previous Lesson -- Next Lesson
d) Die geheim van bevryding en redding vir die kinders van Jakob in die laaste dae (Romeine 11:25-32)
ROMEINE 11:25-32
25 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; 26 en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend; 27 en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem. 28 Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders. 29 Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik. 30 Want soos julle ook vroeër aan God ongehoorsaam was, maar nou barmhartigheid ontvang het deur hulle ongehoorsaamheid, 31 so het hulle ook nou ongehoorsaam geword deur die barmhartigheid aan julle, sodat hulle ook barmhartigheid kan ontvang. 32 Want God het hulle almal in die ongehoorsaamheid ingesluit om vir almal barmhartig te kan wees.
Paulus het die ontvangers van sy brief soos sy familie beskou en deur hierdie stelling het hy bely dat God sy Vader is sowel as hulle Vader. Al die gedagtes, navorsing en beriggewing oor uitverkiesing kan nie teoretiese vervul word deur die konsep dat “God groter is” nie, maar slegs voor ‘n bekende God, die Vader van ons lewende Here Jesus Christus, ons heilige Vader wat met liefde en genade gevul is.
Na hierdie inleiding het Paulus gepraat oor die geheim wat hy nie verstaan het voordat die hemelse Vader dit duidelik aan hom geopenbaar het nie. Daarom dat Paulus vra dat alle kommentators, preke en teoloë nie hulle eie filosofieë oor die kinders van Jakob bring nie, maar om versigtig te luister na die woord van God en dit te onderhou. Diegene wat hulle eie gedagtes preek neem ‘n risiko, want hulle dink dat hulle slim en wys is, maar dwaal gou af; terwyl hy wat vashou aan die woord van God in gebed en na die woord van die Heilige Gees luister, sal geleidelik in kennis groei oor die geheime van die liefde van God, ons hemelse Vader.
Die geheim waarvan Paulus praat met betrekking tot die laaste dae, sluit baie dele in:
Die verharding van Israel was soos ‘n tent van dik materiaal wat diegene wat daaronder sit, beskerm van die son se strale, maar verskuil hul sig en gehoor. Hulle sien of lees of hoor nie, ten spyte van hul vermoë om so te doen (Jeremia 16:9-10).
Nie almal nie, maar meeste van die kinders van Jakob is verhard. Die dissipels en apostels van Jesus en die vroeë kerk het opreg berou gehad onder Johannes die doper. Hy het hulle voorberei vir die koms en verlossing deur Christus en hulle het in sy gemeenskap geleef en sy lig van Goddelike glorie ervaar.
Volgens die boek van Jesaja het die verharding 700 jaar voor die koms van Christus begin (6:5-13) en Jesus het dit duidelik bevestig (Matteus 13:11-15). Dis wat Paulus met droefheid beskryf het (Handelinge 28:26-28). Hierdie verharding het in afgryse ontaard toe die Jode hulle Koning uitgelewer het om gekruisig te word en die inwoning van die Heilige Gees verwerp het. Die Romeine het hulle toe as slawe na alle dele van die wêreld verkoop.
Die verharding van die Jode sal nie vir altyd aanhou nie. Dit hou aan totdat die getal van die gelowiges van ander nasies voltooi is. Wanneer die roeping van die sondaars van ander nasies voltooi is, sal die Here die Jode ‘n finale kans gee vir bekering en vernuwing.
Wie is egter die hele Israel wat in die laaste dae gered sal word en oor wie Paulus praat as ‘n roerende onderwerp in die geskiedenis van die kerk en nasies? (Let op: Hierdie navorsing het niks te doen met die politiek nie. Dit is slegs geestelike navorsing.)
Opsomming: Ons moenie haastig wees om uitspraak te lewer oor wie die ware Israel is in die oë van Christus nie. Die Bybel leer ons dat hierdie naam nie ‘n politieke liggaam of sekere ras is nie, maar hoofsaaklik ‘n geestelike waarheid. Vandag is dit so dat duisende weergebore mense van die kinders van Jakob in die Midde-Ooste, Europa en die VSA die ware gekose mense en die geestelike liggaam van Christus is. Ons weet nie met hoeveel meer die getal sal groei nie, maar ons weet dat hulle bloedige vervolging beleef onder die Antichris in hulle huise. Christus self sal egter die siele van die martelare bymekaar maak en hulle opneem na sy heilige troon. (Openbaring 13:7-10; 14:1-5).
Wie die brief van Paulus aan die Romeine (11:26-27) diep bestudeer, sal oplet dat hierdie profesieë oor die redding van die kinders van Jakob sekere besonderhede oplewer:
Paulus het getuig dat die godsdienstige Joodse nasie die vyand van die evangelie geword het weens hierdie nuwe verbond. Hierdie probleem was egter tot groot voordeel vir die geminagte mense, want hulle het die verlossing deur Christus herken en het die genade van God in geloof aanvaar.
Terselfdertyd het Paulus aan die Jode wat vyande van die kerk in Rome was, bevestig dat hulle steeds geliefdes van God was weens die geloof van hulle vaders en hulle keuses in hul getrouheid. Hy wat deur God gekies is, bly dus gekose sonder onderbreking, selfs al het hy gesondig of hierdie verkiesing verwerp. Al die geestelike gawes en voorregte van die geloof wat God aan gelowiges gegee het, behoort aan sy onherroeplike getrouheid (Romeine 11:29). Daarom moet ons nooit ons verkiesing en die heiligmaking van ons lewe betwyfel nie, maar die woord van God vertrou soos ‘n kind die woorde van sy vader vertrou.
In Romeine 11:30-31 herhaal Paulus die doel van die tweede deel van sy brief met betrekking tot die verlossing van die kinders van Jakob. Hy streef daarna om hierdie beginsels in die gedagtes van die vyande van die kerk in Rome in te prent:
Gevolglik moet hy wat die tweede deel van die brief van Paulus aan die Romeine wil verstaan, hierdie beginsels deeglik bestudeer en dit in gebede en voorbidding vir die verlore mense na God bring sodat hulle gered mag word.
Paulus het hierdie beginsel nagekom en dit as die fondasie neergelê vir sy lof en aanbidding tot God. Hy het die Heilige Een verheerlik, want hy het die Jode toegelaat om in ongehoorsaamheid en rebellie te val, sodat hy weer genade vir hulle mag hê as hulle die verlossing aanvaar wat deur geloof voorberei is (Romeine 11:32).
Paulus preek nie absolute versoening vir elke mens asof God alle sondaars in die laaste dae sal red weens sy liefde en die hel sal leegmaak van al die lasteraars wat nie gered wou word nie. Hierdie is die geloof wat wil hê dat God Satan sal red en daarom aanbid hulle Satan sodat hulle die paradys saam met hom mag betree. Dit is ‘n delusie en verwaand, want God is liefde en waarheid, en sy geregtigheid is onbreekbaar.
Paulus het gehoop dat al die Jode sou bekeer en gered word deur geloof in die Redder, terwyl Jesus meer realisties was oor hierdie kwessie. Op die oordeelsdag sal hy vir diegene wat nie die armes liefgehad het nie, sê: “Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.” (Matteus 25:41). Die Openbaring van Johannes bevestig ook hierdie vreeslike waarheid (Openbaring 14:9-14; 20:10.15; 21:8).
GEBED: Ons Vader in die hemel, ons juig en verbly ons want u beloftes is waar en word altyd vervul. Ons dank u vir die heilige oorblyfsel van die kinders van Jakob uit elke stam, wat opreg berou getoon het, die versoening van Christus aanvaar het en die gawe van vrede ontvang het. Help ons en u mense om in die krag van u Heilige Gees te wandel, om u gebooie te gehoorsaam deur sy krag en om uit te sien na die koms van ons geliefde Verlosser.
VRAE:
- Waarom misluk die beloftes van God nooit, maar duur vir ewig?
- Wie is almal die geestelike Israel?