Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 045 (The Three Unique Groanings)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
D - DIE KRAG VAN GOD BEVRY ONS VAN DIE MAG VAN SONDE (Romeine 6:1 - 8:27)

8. Die drie unieke versugtinge (Romeine 8:18-27)


ROMEINE 8:18-22
18 Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. 19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. 20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het 21 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. 22 Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

Paulus was nie tevrede met sy geloof en liefde vir God nie, maar hy het na die rykdom van ons hoop in God uitgereik. Verwag jy die openbaring van die glorie van God? Is dit die doel van jou lewe? Moenie tevrede wees met die oplossing vir jou klein probleme nie, want die plan van God is om die hele wêreld te verlos. Verwag die grootste gawe van God naamlik die herskep van sy ganse skepping.

Diere ly en die gras vergaan. Wee die mens wat die oorsaak is van diere se pyn. Het jy al die oë van diere gesien wat vol seer is? Hulle is verganklik, vreugde is nie meer in hulle nie en eensaamheid en moeilike tye het aangebreek. Alle diere het ‘n verwagting van die verskyning van die glorie van die kinders van God, want by die koms van die Here sal sy kinders bevry word van die liggaam van hul lyding en sal sy heerlikheid in hulle geopenbaar word. Dan sal alle kreature gered word. In daardie tyd sal geen donkie geslaan word nie en geen muskiet sal slapendes teister nie. God het ons volkome vrede op aarde belowe wat bewerkstellig sal word by die koms van Christus saam met al die heiliges en engele. Verlang jy na hom?

Die natuur ly sedert die val van die mens, want deur die korrupsie van die mens is alles onder sy gesag verdorwe. Paulus verduidelik die lyding van die skepping met die geweldige pyn by geboorte. Dit bring Jesus nader aan ons, want hy het saam met ons en elke dier gely. Hy wil so na as moontlik kom vir die redding van almal.

ROMEINE 8:23-25
23 En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam. 24 Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog? 25 Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.

Die kinders van God vra met versugting, in die krag van die Gees, dat die Here hul aanneming in hulle sal voltooi. Ons is verlos deur geloof en ons sal volkome verlos word. Ons hoop is om heeltemal volmaak te wees, maar tans is dit slegs gedeeltelik.

Vaste hoop en dankbaarheid vir die heerlikheid wat kom, is ‘n essensiële manifestasie van geestelike lewe in ons. Ons verlang nie na goud nie, maar na God die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

Verlang jy na die Vader? Verwag jy gemeenskap met Christus, die Verlosser? Onthou dat jou sterflike liggaam in die teenwoordigheid van die heerlikheid van God sal wegbrand en jy sal ‘n ewigdurende lig word. Dit is die verlange van die heiliges, want die verborge lewe in God sal spoedig verskyn. Dit sal nie net die hart vul nie, maar siek, sterflike liggame sal verander en verheerlik word. In die wagkamer van die aarde moet ons geduldig wees, want tegnologie is geneig om ons hoop te verydel deur ‘n verganklike paradys in ons wêreld te vestig. Die Heilige Gees is egter ons waarborg van die glorie wat kom.

ROMEINE 8:26-27
26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. 27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.

Die Heilige Gees self ly in ons swak liggame, bedroef oor ons onvermoë; Hy voel die pyn van ons gierige en moeë gebede, sug oor ons onvolkome kennis, word hartseer weens ons swak liefde en krag. Die Gees van God bid en tree in vir gelowiges. Gee jouself oor aan die skool van gebed dat jy verlos kan word van jou selfsug en na dankbaarheid in liefde gelei kan word, dat jy met wysheid, vreugde en krag kan bid, want die Gees van die Here bid in jou dag en nag dat die hele wêreld gered mag word. Wanneer sal jy dus in sy voorbidding by jou hemelse Vader deelneem deur te bid en dankbaar te wees met jou hele hart?

GEBED: O Heilige Vader, vergewe ons ons selfsugtige gebede en lei ons om u naam te heilig, om die verlossing van Christus met ons hele wese te verheerlik en om nederig te werk in die krag van u Gees. O Here, leer ons om die hoop van die Gees te besef, om te bid soos Hy wil en om te verlang na u teenwoordigheid en vir die koms van u Seun in heerlikheid sodat die ganse skepping gered mag word saam met dié wat hoop.

VRAAG:

  1. Wie is hulle wat ly voor die wederkoms van Christus? Hoekom?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:56 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)