Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 033 (The Believer Considers Himself Dead to Sin)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
D - DIE KRAG VAN GOD BEVRY ONS VAN DIE MAG VAN SONDE (Romeine 6:1 - 8:27)

1. Die gelowige beskou homself dood vir die sonde (Romeine 6:1-14)


ROMEINE 6:1-4
1 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.

In hoofstukke 1-5 wys die apostel Paulus dat hy wat in Christus glo, wetlik geregverdig en bevry is van die toorn en veroordeling van God. Hy verduidelik aan die Romeine dat hierdie regverdigmaking ons in ‘n staat van vrede met God en liefde vir die wêreld plaas.

Na sy aanvanklike aanbieding beantwoord die apostel die belangrike vraag wat lasterlik deur die vyande van hierdie regverdiging gevra is: Sal ons in sonde volhard sodat genade mag toeneem en die getrouheid van God mag verskyn?

In sy antwoord op hierdie kwaadwillige vraag, skets Paulus die weg wat na finale oorwinning oor sonde in ons lewens lei, dat geen gelowige genees kan word indien hy nie die volgende paragraaf lees en dit in sy lewe praktyk maak nie. Ons bespreking is nie ‘n teoretiese les nie, maar ‘n gids na ‘n lewe van heiligheid.

Die apostel het nie gesê, “stry teen jou sonde en oorkom dit” nie, want hy het geweet dat niemand sy eie sonde kan oorkom deur sy eie krag nie. Hy roep jou nie om teen jouself te stry nie, maar hy roep jou om te getuig dat daar geen ander oplossing vir jou ou self en slegte maniere is as om daaraan te sterf nie.

Hoe sal ons aan die krag van sonde in ons sterf? Paulus antwoord: “Ons het gesterf”, asof dit maklik was om die bose te vernietig. Hy benadruk hierdie dood in die verlede tyd, asof die aksie van die dood verby is. Dit hang nie af van ons eie pogings nie en ons hoef ook nie meer daarvoor te stry nie. Hy wys dat ons doop die teken is dat die bose mens in ons begrawe is en dat selfsug dood is. Die Christelike doop is nie net ‘n eksterne rite of uiterlike reiniging nie, dis ook nie slegs om water op die liggaam te plaas nie. Dit is ‘n oordeel, dood en ‘n begrafnis. Deur jou doop getuig jy dat jou Here jou tot die dood veroordeel het en wat jy tot uitvoering gebring het deur jou onderdompeling in water. Om die ou mens af te lê word nie in die liggaam onderneem nie, maar in die gees deur die aanvaarding van Christus se oorwinningsdood. Ons doop is die teken van ons finale vereniging met Christus in die verbond van liefde, ‘n oopheid van ons liefde vir hom en ‘n volharding in sy getroue voorbeeld.

Toe Christus ons sondes weggeneem het, het ons saam met hom aan ons trots gesterf. Die kruis is daarom ‘n slag vir die korrupte mens. Hy wat glo, verloën homself en neem sy kruis op, bely dat alle mense elke dag vernietiging verdien. Dit het in die verlede gebeur toe Christus aan die vervloekte kruis uitgeroep het: “Dit is klaar”. As jy glo, dan sal jy gered word en bevry word van die mag van sonde.

Christus het gesterf en was begrawe, nie net om ons in sy dood te verenig nie, maar hy het opgestaan uit die dood en ons na hom gebring in sy opstanding en aan ons die ewige lewe gegee. Afgesien van ons selfverloëning was ons ook met Christus in die krag van sy lewe verenig. Daarom beteken ons geloof nie net kennis en lering nie, maar dis ‘n groeiende krag in ons asof Christus in ons gebore word. Hy groei, werk, oorwin en oorkom boosheid in ons liggame. Ons verkry nie oorwinning nie, maar dit is Hy wat in ons oorwinning behaal.

Die opstanding vanuit die dood was ‘n wonderlike oorwinning van die Vader van ons Here Jesus Christus. Deur sy opstanding het hy sy ewige heerlikheid en onwrikbare geregtigheid verklaar deur die aanvaarding van die versoening met sy Seun, sy oorwinning oor die dood en die openbaring van sy heilige lewe. Die krag van God het in die opstanding van Christus gewerk en hierdie Goddelike werk nuut in die gelowiges wat aan Christus verbind is deur geloof. Die Christelike geloof is nie ‘n godsdiens van vrees of dood nie, maar van hoop, lewe en krag.

Deur ons aanbidding tot Christus bely ons dat hy nie ver van ons lewe nie, nie by die sterre nie of dat hy selde aan ons dink nie. Ons bely eerder dat hy aan ons verbind is deur ‘n onbreekbare band en dat hy in ons leef met die volheid van sy krag; hy bly altyd by ons en lei ons om heilig te lewe. Daarom is jou doop ‘n vereniging met Christus se dood en lewe, en jou geloof is ‘n nuwe verbond. Hy wat homself aan Christus verbind, bely dat hy saam met hom aan die kruis gesterf het en ook saam met hom tot ‘n nuwe lewe opgestaan het.

GEBED: O Here Christus, u het my dood aan die kruis geëindig en my lewe aangekondig in u opstanding. Ek aanbid u saam met almal wat in u glo, wat met u gesterf het in geloof en met u opgewek is in gees. Ek aanbid u, Vader van heerlikheid, dankie vir die lewe wat u ons in u gegee het. Help ons om in sy genade te leef en volgens sy opdragte te wandel, in reinheid, onthouding, eerlikheid, liefde, en geduld, sodat u lewe in alle gelowiges mag verskyn.

VRAAG:

  1. Wat is die betekenis van die doop?

Bekeer julle,
en laat elkeen van julle gedoop word
in die Naam van Jesus Christus
tot vergewing van sondes,
en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

(Handelinge 2:38)

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:44 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)