Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 029 (The Faith of Abraham is our Example)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
B - DIE NUWE GEREGTIGHEID DEUR GELOOF WORD AAN ALLE MENSE GEBIED (Romeine 3:21 - 4:22)
3. Abraham en Dawid as voorbeelde van regverdigmaking deur geloof (Romeine 4:1-24)

d) Die dapper geloof van Abraham is ons voorbeeld (Romeine 4:19-25)


ROMEINE 4:19-22
19 En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie. 20 En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee 21 en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het. 22 Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.

Abraham het die voorspellende woord van God gehoor dat hy gekose was om die vader van baie mense te wees. Hierdie geopenbaarde woord moes Abraham, wat geen seun gehad het nie, verbaas het, maar hy het dit in geloof aanvaar. Hy het geglo dat God hoop gee wanneer alle menslike hoop verlore is. Abraham het egter misluk in sy geloofstryd toe Ismael vir hom gebore is by die Egiptiese slavin. Al het dit onmoontlik gelyk dat sy bejaarde vrou ‘n kind sou hê, het hy na nie na die wette van die natuur gekyk nie, maar na die Skepper van die natuur wat die wette van die natuur kan verander. Abraham het homself nie mislei met die gedagte dat dit vir hom onmoontlik was om ‘n seun by Sara, sy vrou, te hê nie. Hy het geloof uitgeoefen en geglo aan die woord van God, op ewige waarheid staat gemaak en verseker geweet dat die Here van heerlikheid nie gelieg het nie, dat hy sy belofte sou nakom al het dit menslike verstand te bowe gegaan.

Hierdie ferm houvas aan die getrouheid van God in hierdie geloofstryd was aan Abraham as geregtigheid toegereken (Genesis 15:1-6; 17:1-8).

Christus roep jou vandag om ook geloof soos Abraham te hê. Soos ons na onsself en ons kerke kyk, vind ons dat ons samelewings geestelik moeg, ongeskik en dood is. Christus wil egter die ewige lewe aan miljoene gee deur beide jou en my geloof. Hy wil ons getuienisse seën sodat sy liefde beliggaam kan word en kan vermenigvuldig soos die sterre in die hemel. Glo jy in die belofte en roeping van Jesus dat jy geestelike kinders sal hê deur die woord van jou geloof? Glo jy dat God jou onvermoë kan oorkom, jou louwarm kerk kan laat herleef en vir homself kinders van sy gees kan bymekaar maak vanuit harde harte? Soos Johannes die Doper gesê het: God kan kinders van Abraham uit die klippe van die wildernis laat opstaan as julle nie opreg berou het nie. Eer jy vir God? Maak jy staat op die Here van heerlikheid en vertrou jy in hom, eerder as om pessimisties te word oor jou louwarm kerk en jou swak maniere? Hy is in staat om jou te gebruik om sy lewenskrag na baie te bring. Wees seker dat die God van Abraham, die Here van Paulus, dieselfde is as gister, vandag en vir altyd. Hy verwag jou geloof, want dit is die oorwinning wat die wêreld oorkom het – ons geloof. Moenie slaap nie! Moenie hoop verloor nie, selfs as die stryd van jou geloof vir baie jare duur soos in die lewe van Abraham gebeur het totdat een klein vrug in hom ryp geword het naamlik Isak. Ten spyte van Abraham se worstelinge het die Here hom in gees versterk en hom die vader van profete gemaak. Jou Here is lewend en hy wil jou regverdig maak deur jou geloof. So wees bly in hart, versterk jou hande en knieë, want die Here leef en hy gaan voor jou uit in jou geestelike oorlogvoering.

ROMEINE 4:23-25
23 Maar dit is nie alleen om sy ontwil geskrywe dat dit hom toegereken is nie, 24 maar ook om ons ontwil aan wie dit toegereken sal word, ons wat glo in Hom wat Jesus, onse Here, uit die dode opgewek het, 25 wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.

Die kennis van ons geloof het tot volle versekering gegroei met betrekking tot die openbaring aan Abraham. Vandag wys God homself nie net as almagtig, groot en verborge nie, maar hy het ons sy Seun Jesus gestuur dat ons sy vaderlike liefde mag herken. Wat onmoontlik gelyk het, het gebeur en die Seun van God het gesterf om ons sonde uit te wis. Die heilige God het nie sondaars vernietig weens hul misdade nie, maar homself vernietig, sodat hulle wat boos is gered mag word. Hierdie soort genadige, liefdevolle, selfopofferende, vrygewige en geduldige God is ons God.

Toe Christus uit die dood opgestaan het, het die triomf van sy opoffering verskyn. Sy Vader het hom nie verlaat toe hy al sy woede op die gekruisigde lam uitgestort het nie, maar hy het sy onskuldige Seun opgewek en duidelik gewys dat sy unieke offer in ooreenstemming met sy Goddelike wil was. Die opstanding van Christus bevestig dus die waarheid van ons regverdigmaking. Dit is onmoontlik dat Christus opgevaar het na die hemel voordat hy begrawe is en ‘n intieme vennoot van God geword het. Nee! God het hom opgewek van sy dood sodat ons mag sien en seker wees dat die versoening tussen God en die wêreld aan die kruis bewerkstellig was.

Vandag sit ons enigste voorspraak aan die regterhand van God. Hy doen voorspraak by die Heilige Een vir ons, hy bring die resultate van sy offer na ons sodat ons nie rusteloos sal wees nie, maar in geloof sal volhard en sal glo dat Christus diegene kan red wat na God kom deur hom, aangesien hy vir ewig leef om vir hulle in te tree.

Waar is jou geloof dus te midde van alle probleme, vrese en gevare? Waar is jou hoop rakende die koms van die koninkryk van God vandag en die tweede geboorte in miljoene mense? Christus het ons met God versoen en hy leef vandag om ons regverdiging te bewys deur sy voorspraak. Glo dat strome lewende water van jou geloof na droë en dooie harte vloei. Glo en moenie twyfel nie, want Christus lewe inderdaad.

GEBED: O Here God, u leef en u stuur ons om vir die wêreld te preek. U dienskneg Abraham het geglo dat hy en Sara op hul oudag, kan geboorte gee aan ‘n kind deur u genade en deur wie alle mense geseën mag word. Oorkom ons klein geloof en versterk ons vertroue dat ons u mag vertrou in ons versoekings en dat u krag in ons swakheid vervolmaak mag word. Dankie, want u het bevestig dat miljoene in hierdie dae weergebore sal word aangesien u vir altyd heers.

VRAAG:

  1. Wat leer ons van die geloofstryd in Abraham?

Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is,
het ons vrede by God
deur onse Here Jesus Christus

(Romeine 5:1)

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:34 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)