Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 017 (He who Judges Others Condemns Himself)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
A - DIE HELE WÊRELD IS ONDER DIE INVLOED VAN DIE BOSE EEN EN GOD SAL ALMAL IN GEREGTIGHEID OORDEEL (Romeine 1:18 - 3:20)
2. Die toorn van God word geopenbaar teen die Jode (Romeine 2:1 - 3:20)

a) Hy wat ander veroordeel, veroordeel homself (Romeine 2:1-11)


ROMEINE 2:6-11
6 wat elkeen sal vergeld na sy werke: 7 aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe; 8 maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn; 9 verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek; 10 maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek. 11 Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.

Ken jy die beginsels in die oordeel van God? Alle mense is op weg na hierdie kritiese uur, maar die diskrete en wyse man berei homself voor. Die apostel van genade openbaar duidelik dat ons goeie en slegte dade ondersoek sal word en die gronde is waarvolgens ons geoordeel sal word op die oordeelsdag. In Matteus 25 verduidelik Christus dat die praktyk van liefde in hulle wat die minste is, die veragtes, armes en eenvoudiges, dit is wat in die aangesig van die Here aanneemlik is. Christus het nie vas, gebed, ‘n pelgrimstog of die gee van aalmoese as goeie dade genoem nie, maar eerder praktiese goedheid teenoor die behoeftiges.

Deur jou geheime dade van liefde sal dit blyk of jou hart hard of sag is, trots of genadig. Is jy ‘n opgevoede mens wat op eenvoudige mense neerkyk? Dryf die liefde van Christus jou na hulle wat ongekwalifiseerd is, verwerp is, ouerloos is of wat hul lewensmaats verloor het? Jy sal beloon word slegs vir jou dade van liefde en nie vir jou aanbidding of streng toepassing van eksterne vorme van godsdiens nie.

Paulus wys ons die enigste weg na die invloei van God se liefde na ons harte. Hy wat sy gedagtes na die glorie van God rig en nie agter verganklike rykdom en eer aanhardloop nie, kom nader aan God en word deur sy genade verander. Hy wat na die glorie van God soek word in sy eie hoogmoedigheid gebreek en erken geen eer vir homself nie. So ‘n bekeerde persoon maak sy hart oop vir God se vergifnis en hou sy genade voor as ‘n magtige skild. Elkeen wat sy verganklikheid besef, verlang na die ewige lewe en aanvaar dit deur geloof, neem so deel aan die planne van die ewige Gees. Wees daarom versigtig, want jy word nie gered deur jou eie dade nie, maar jou begeerte na God bring sy krag na jou swakheid en sy liefde oorkom jou siel sodat jy die intensies van sy liefde mag uitvoer. Sal jy na God soek en vir ewig lewe?

Hy wat boosheid doen, doen dit nie omdat hy as ‘n voorwerp van toorn gebore is wat vir vernietiging bestem en voorberei is nie, maar omdat hy nie gewillig is om die waarheid te gehoorsaam nie. Dit is die uitkoms van lang, verkeerde ontwikkelinge. Ons gewetes staan alle ongepaste dade tee. Dit berispe ons en waarsku ons om nie die Heilige Gees van God te bedroef nie. Tog, hy wat hardkoppig word en God se stem verwerp, gee oor aan die gees van ongehoorsaamheid en pleeg sy misdaad onbeskaamd en onboetvaardig terwyl sy gewete gesmoor word. Ons bose dade is die gevolg van ons toegee aan die versoekings rondom ons, blootstelling aan slegte films, boeke en geselskap, selfs die gedagtes van ons eie harte wat ons na boosheid aantrek.

Wie die Gees van God weerstaan val onder oordeel, het sy hart gesluit teen die gawe van God, die Allerhoogste verag en sy woede uitgelok. Die straf van God sal sekerlik op al die ongehoorsames val en lyding meebring. Leef jy in die krag van Christus, op die vlak van liefde, of is jy onder die toorn van ‘n regverdige Regter? Jy kan nie die antwoord op hierdie vraag ontsnap nie. Wees daarom gereed en berei jouself voor vir die dag van skeiding tussen goed en boos.

In sy stelling dat die oordeel eerste op die Jode sal val, bedoel Paulus dat die ou verbond ‘n ernstige verantwoordelikheid op hulle gelê het en dat God hulle eerste tot verantwoording sal roep. Wie van die Jode deur die werk van die Heilige Gees naderkom aan God, sal met die glorie van die Heerlike Een skyn. Diegene wat egter aanhou in hul hardvogtigheid sal na die hel gebring word, want hulle het nie die Gees van God toegelaat om hulle gees van ongehoorsaamheid te verander nie.

Alle nasies en tale het die reg om God te nader, want hy is die skeppervan alle mense en koester geen rasisme nie, almal is gelyk voor God. Selfs die rykes en slimmes sal hul aansien voor sy heerlikheid verloor, want ons is almal niks voor die Skepper van almal nie. Die moeders wat in hul huise dien en die eenvoudige mense sal waarskynlik meer in die Gees van Christus skyn as die biskoppe, groot leiers en die supersterre.

God sal ons meet met die maatstaf van sy liefde. Wie homself toelaat om verander te word in die weg van Goddelike liefde, sal aanvaar word. Maar wie sy hart verhard en homself meer liefhet as ander, sal van God wegval in algehele versmading. Die Here is regverdig en getrou. Daar is geen partydigheid by hom nie. Ons erken dat niemand geregtig is in homself nie, of genadig is soos God nie. Wie egter uitreik na die fontein van liefde, word geregtig, want die krag van die hemelse Vader verander almal wat na hom soek. Moet egter nie dink dat sulke verandering en gereedheid vir hierdie daad van God se genade vinnig gebeur nie. Die oorwinning oor die trotse ego neem tyd en slegs ‘n paar wil dienaars word van ander wat val. Dit is waarom Jesus ons vooruitgegaan het en met egbrekers en tollenaars geëet het, sodat ons ons harde harte mag verloën om ‘n sagte hart te ontvang en sondaars lief te hê soos God hulle liefhet.

Weet jy wat die beloning is vir hulle wat geduldig aanhou met dade van liefde? God sal almal wat oop is vir die gees van genade beklee met sy eie glorie. Daarom is die Goddelike doel vir die mens nie minder as sy oorspronklike plan nie. Hy het die mens na sy beeld geskape en wou al sy glorie en eienskappe in ons uitstort. Die Allerhoogste eer diegene wat genade het vir die minste onder ons. Sy vrede woon in die harte van hulle wat uitgeworpe is weens sy geregtigheid.

Die doel van oordeel is om die sagmoediges wat verander is in die glorieryke vreugde van God, te skei van die hardvogtige harte wat die Heilige Gees weerstaan en wat vinnig na die ewige pyn van die hel sal neerdaal. Moenie mislei word nie, God kan nie bespot word nie; wat ‘n mens saai, sal hy ook oes.

GEBED: O Here, my liefde is min en my selfsug groot. Ek is onrein voor u. Vergewe my sondes. Maak my oë oop vir die dade van u liefde. Lei my na ‘n lewe van opoffering en goeie dade, want daar is niks goeds in my nie. Red my van myself en vul my hart met u liefde sodat ek diegene mag opsoek wat verworpe is, dat ek hulle mag liefhê en seën, net soos u na diegene gesoek het wat weggedwaal het om hulle te red.

VRAAG:

  1. Wat is die Goddelike beginsels by die laaste oordeel?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 04, 2013, at 12:11 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)