Waters of LifeBiblical Studies in Multiple Languages |
|
Home Bible Treasures Afrikaans |
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba
Previous Lesson -- Next Lesson ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 2 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD IS ONBEWEEGLIK SELFS NA DIE VERHARDING VAN DIE KINDERS VAN JAKOB, SY GEKOSE VOLK (Romeine 9:1 - 11:36)
5. Die hoop van die kinders van Jakob (Romeine 11:1-36)
e) Die apostel se aanbidding (Romeine 11:33-36)ROMEINE 11:33-36 Paulus was angstig vir die situasie van die Jode, maar terselfdertyd gevul met dankbaarheid en lof vir die vroeë gelowiges van die Jode in Jerusalem. Hy het die Heilige Een verheerlik vir die toenemende getal gelowiges van ander nasies en sy gevoelens van angstigheid het bedaar weens die oorvloedige liefde van God. Hy het sy genade bely, maar nie sy straf ontken nie. Paulus het die liefde van die Almagtige erken, sy weë wat misverstaan is, geglo en uiteindelik getuig: “God is ver bo ons verstand. Ons vertrou hom en plaas ons gedagtes onder sy wil en openbaring” (Jesaja 40:13; 45:15; 55:8-9; Romeine 11:33). Geseënd is hy wat die Here getrou aanbid, hom loof en dank omdat hy die Heilige Een in sy liefde herken. Die Gees van die waarheid lei hom tot die dieptes van Goddelikheid en na die besef van die rykdom van sy gees in sy praktiese gawes. In die tweede deel van sy brief bereik Paulus die doel en uiteinde van sy onderwerp. Hy bely die verharding van die mense van Jakob en erken die rede daaragter was hul ongeloof en hulle weerstand teen die wil van God; Paulus ontken nie hierdie waarheid nie. Terselfdertyd bemoedig hy die gelowiges van Joodse oorsprong en sommiges in Rome, dat God hulle weer sal aanvaar weens sy onbeperkte genade. Die Here het egter die Jode deur die nuwe gelowiges van die Heidene jaloers gemaak, hulle sy liefde gewys, nederigheid, reinheid en hul diens in Anatoli, en hulle na praktiese diens gelei met samewerking en getrouheid. Die historiese feite het egter in opposisie ontwikkel tot wat Paulus voor gehoop het. Paulus self was die eerste slagoffer van die nyd van die Jode. Hy is in Rome onthoof as die resultaat van hulle valse aansprake. Paulus het hierdie verharding teen homself en die evangelie ervaar en die geestelike waarheid teenoor die Jode herhaal, soos die profeet Jesaja dit gestel het. Hy het geskryf: "Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. Laat dit dan aan julle bekend wees dat die heil van God aan die heidene gestuur is, en hulle sal luister. En toe hy dit gesê het, het die Jode, onder groot woordestryd met mekaar, weggegaan.” (Handelinge 28:26-29). Paulus het vir baie jare in die Romeinse tronke gebly weens die oordeel van die Joodse raad teen hom (Handelinge 23:1 -28:16). Weens hul hardkoppigheid en nydigheid moes hy na Rome reis waar die Caesar hom persoonlik gevonnis het (Handelinge 27:1 - 28:16). Sy gevangeneskap was egter nie moeilik nie, want die Romeine het hom toegelaat om die evangelie aan almal wat na hom wou luister te verkondig. ‘n Paar van die Jode in Rome het geglo, die meerderheid van die ouderlinge en rabbi’s het egter nie sy leer aanvaar nie, maar die Christendom as ‘n Joodse sekte beskou (Handelinge 28:22). Hulle het ‘n groot invloed op die regters gehad, selfs nadat Paulus onthoof is. Die nydigheid van die Jode teen die apostel van die Heidene het ‘n einde bereik, maar die briewe van Paulus het sonder teenstand versprei. Selfs vandag kom groot getalle Jode en Heidene daardeur tot geloof in Christus. Dis duidelik dat Paulus wat in Christus leef, tot aan die einde van die wêreld, triomfantlik in Christus wandel. GEBED: O hemelse Vader, ons aanbid u saam met Paulus. Ons verheerlik u vir u liefde en toorn, loof u vir u genade en oordeel; en juig in u wyse weë en getroue genade. Ons dank u spesifiek omdat u ons in Christus gebring het sodat ons u geliefde kinders kan wees. VRAE:
VRAE - 3Geagte leser,
As jy al die studies in hierdie reeks oor Romeine voltooi en vir ons jou antwoorde op die vrae aan die einde van elke studie stuur, dan sal ons vir jou 'n Sertifikaat van Gevorderde Studies stuur as aanmoediging vir jou verdere diens vir Christus. Ons moedig jou aan om die ondersoek na die Brief van Paulus aan die Romeine voort te sit sodat jy ewige skatte mag ontvang. Ons wag op jou antwoorde en bid vir jou. Ons adres is: Waters of Life Internet: www.waters-of-life.net |